Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Groep vroue van Heidelberg is Maandag, 9 Augustus deur die plaaslike polisie op Vrouedag bederf.
Die verrigtinge het onder leiding van die stasiebevelvoerder, lt kol Sipho Dyani en sosiale beampte, sers Imorgene Hendricks in die plaaslike hotel plaasgevind.
Die groep van 30 gaste, waaronder plaaslike opvoeders, jeug- en kerkleiers is op 'n heerlike ete, asook motiveringspraatjies trakteer.
Dyani het die verwelkoming behartig en Andrid Goliath het as seremoniemeester opgetree.
Jul-Mir Geldenhuys, opvoeder by Kairos Senior Sekondêre Skool, asook Jo-Ann Erasmus, plaaslike administratiewe polisiebeampte en Johanna du Preez het as motiveringssprekers opgetree.
Van die sprekers het die vroue herinner dat hulle ankerrolle in die onderskeie sektore van die gemeenskap vervul. Die vroue is ook van hul regte bewus gemaak.
Hendricks het die aanwesiges bedank vir hul bydrae tot die opbou van 'n gesonde gemeenskap en benadruk dat hulle nie hul waarde as gemeenskapbouers moet onderskat nie.
Van die vroue wat die vieringe bygewoon het, is agter, van links: Charmaine Esau (jeugvoorsitter: SAPD), sers Imorgene Hendricks, Angela Hunter en Andrid Goliath. Voor: Cayleshe Saayman en Cindy-Lee Hartnick. Foto's verskaf
Sersant Imorgene Hendricks (heel links) saam met, van links, Jo-Ann Erasmus, Johanna du Preez, lt kol Sipho Dyani, Jul-Mir Geldenhuys en Andrid Goliath.
Vorige artikel: Vroue word bederf
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'