Gallery
RIVERSDAL NUUS - Kindersorg Suid-Afrika in Riversdal se saal is onlangs opgeknap.
Meghann Louwrens van Riversdal Toyota het in 2017 dié saal se buitekant laat verf en besluit om vanjaar die binnekant oor te doen.
Maandae tot Vrydae word tot 68 behoeftige mense, wat kinders insluit, kos gegee.
“Ons ontvang net ’n toelaag en moet die res van die geld self insamel. Dié opknappingswerk sal soveel deure vir ons oop maak.,” het Biance Adams, maatskaplike werker gesê.
Hulle beplan om ’n gholfdag aan te bied en doen ’n beroep op alle gholfspelers en besighede om daarin te deel. Speelgoed, klere, babadoeke, melk, tandeborsels, seep, hoede, vere, speelgoedmaskers en ook vars groente is welkom.
Vir meer inligting, skakel 028 713 1986.
Die saal voor dit opgekikker is.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'