Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Goukam Health assosiasie vir persone met gestremdhede, ‘n nie-regeringsorganisasie in Riversdal het ‘n welkome finansiële skenking van ‘n plaaslike bank ontvang.
Vir Goukam Health se bestuur bestaan daar groot drome, soos om behandeling deur musiekterapie aan te bied.
Vir die doel moet hulle onder andere skenkings van musiekinstumente, soos ‘n klavier, kitaar, dromme, ‘n blokfluit en ander instrumente bekom.
Ilse-Marie Nel, een van die pasiënte wat weens ‘n gewas op die brein gehospitaliseer was en nou nasorg by Goukam Health ontvang, sê enige lekkernye sal ook welkom wees.
“Die meeste van ons pasiënte kry slegs ongeskiktheidstoelae en daar is ‘n geweldige nood vir toiletware. Ons het ook vrywilligers nodig om van ons rolstoelpasiënte vir uitstappies te neem,” noem Illze Olivier, sentrumbestuurder.
Goukam Health kan geskakel word by 028 713 4130.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'