RIVERSDAL NUUS - Die 150ste Riversdal-perdeskou... wat 'n voorreg!
Dankie aan al die voorgeslagte en huidige betrokkenes wat dit moontlik maak.
Tydens die 14 -17 Februarie Riversdal-landbouskou sal hier weer van die beste perde en ruiters in ons land deelneem.
Die skou bied streekkampioen-skappe vir die Saalperde en SA Boerperde aan.
Miniatuurperde neem ook deel en steel harte so ver hul gaan.
Die opeafdeling het baie sterk kompetisie en die deelnemers sal moet uithaal en wys.
Kom Saterdag al vroeg en maak seker van jou plek op die paviljoen en langs die baan.
Tydens die Riversdal-landbouskou sal hier weer van die beste perde en ruiters in ons land deelneem.
Kokkies Rademan met Netta gedurende die eerste Riversdal-landbouskou in 1979.
Kom aanskou die pragdiere wat julle ondersteuning sal waardeer. Sien julle daar!
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'