Gallery
RIVERSDAL NUUS - Dit is amper weer Paastyd en vanjaar het die parmantige Samaritaan saam met Suid-Kaap Forum na die tehuise in die Hessequa-streek gegaan.
As deel van die koerant se gemeenskapsbetrokkenheid besoek hulle ook gedurende die tyd die senior burgers om aan elkeen 'n paaseier - en 'n drukkie - te gee.
Die parmantige Samaritaan het natuurlik vir 'n aangename verrassing gesorg, wat menige se dag sommer heelwat opgekikker het...
Groot dank is aan die Hoër Landbouskool Oakdale verskuldig, wat al die paaseiers voorsien het.
Huis Zenobia du Toit op Heidelberg poseer vir 'n groepfoto. Foto's: Wilma Adamson
Lees 'n vorige berig: Parmantige Samaritan kuier by oues
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'