SLANGRIVIER NUUS - Die Covid-19 pandemie het harte en beursies op Slangrivier oopgemaak.
’n Groepie Bangladeshi winkeliers het 100 kospakkies aan inwoners geskenk.
Hulle het die voorraad op Saterdag 18 April saam met ao. Alroy Windvogel en sers. Gerrit Jantjies van Heidelberg-polisie uitgedeel.
Volgens die leier van die groep, Mohammed Mobin beskou hulle as Moslems dit as hul plig om te help waar daar nood is.
Windvogel en sers. Imorgene Hendricks het ook bakkies kerrie en bredie in Mervyn Josephstraat uitgedeel. Die kos is deur ’n plaaslike biltongwinkel geskenk.
• Vrydagmiddag 17 April het Heidelberg United-krieketklub kospakkies aan 12 gesinne op die dorp geskenk. Die ontvangers het vier huidige en een voormalige speler ingesluit. Die ander sewe is aan gesinne wat deur bestuurslede geïdentifiseer is, geskenk. Die klub het die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles genader om lede wat erg deur die inperkings geraak word, te help. Terselfdertyd het Abraham Daniels en sy skoonpa, Alister Pretorius en hul families sop en roosterbrood, asook lekkernye aan kinders in Joe Slovo Park uitgedeel.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'