Gallery
SWELLENDAM NUUSFLITS - Die Overbergfees het Vrydag 27 Oktober afgeskop met ‘n neonpretstap waar deelnemers hulle helderste klere kon aantrek en met neonliggies die 5 km-afstand aandurf.
Na afloop van die pretstap kon hulle ‘n koeldrank geniet en deur die stalletjies rondsnuffel vir unieke tuisgemaakte skeppings.
Heerlike eetgoed was beskikbaar en in plaas van die tradisionele pannekoek met kaneel en suiker, was daar pannekoek met melktertvulsel wat voorwaar ‘n plesier vir die smaakkliere was.
Later die aand het feesgangers rustig ‘n koppie koffie in die feestent geniet terwyl ‘n orkes die aand met klanke gevul het wat die hartsnare roer.
Die fees is die volgende dag voortgesit met nóg meer stalletjies. Die aand het die bekende gospelsanger, Merwis opgetree.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'