HESSEQUA NUUS - Dr. Joan Prins, voormalige speaker en oud-raadslid van Hessequa-munisipaliteit is Woensdag 25 Maart na ’n kort siekbed oorlede.
Sy was onder meer werksaam by Bredasdorp-munisipalieit, asook Overberg-distriksmunisipaliteit en in 1988 skryf sy ’n boek oor die ontstaan van die Bredasdorp NG Moedergemeente vanaf 1838 tot 1988.
Die Prins-egpaar verhuis later na Stilbaai en word sy as raadslid, en later as speaker van die munisipale raad verkies.
Begrafnisreëlings is in hierdie stadium nog nie bekend nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'