RIVERSDAL NUUS - Die skool het op Maandag, 17 Januarie tydens hul saalbyeenkoms 'n baie spesiale besoek ontvang van dr Vicky van Wyk.
Dr Van Wyk was in 1962, 60 jaar gelede, die trotse hoofseun van die skool. Hy het vir baie jare die gemeenskap as 'n geliefde en gerespekteerde geneesheer gedien.
Hy was ook jare gelede burgemeester en volg die skool se wel en weë met groot belangstelling. Sy kinders was Dasse, maar sy belangstelling in die skool het sedert 2015 verdiep toe sy kleinkinders ook diep spore in die skool begin trap het.
Hy is tans 'n trotse oupa van twee Dasse, Paula-Mari Streicher in graad 12 en Illandri van Wyk in graad 8.
Albert Einstein het gesê: "Slegs 'n lewe wat in diens van ander geleef is, is die moeite werd". Dr van Wyk het hierdie woorde van Einstein gelééf.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'