Gallery
STILBAAI NUUS - Motorliefhebbers se harte het Saterdag 30 Maart warm geklop toe die Just Wheels motorgroep van Stilbaai weer met hulle voertuie by die Brugmark gespog het.
Die vuurwaens het gewissel van stokoud tot splinternuut en die eienaars se liefde vir hulle motors was voelbaar.
Saterdag se uitstalling het 31 voertuie gelok.Lede kom van so ver as Heidelberg om deel te neem aan die byeenkomste.
Belangstellendes kan Beetge kontak by 083 725 3790.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'