Gallery Video
HEIDELBERG NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Paar dames van die vroue landbou vereniging het Dinsdag 30 Januarie met heimwee na die mooiste dag in hulle lewens, hul troudag, terugverlang.
Die dames het by hul maandelikse vergaderplek, die Doornboom-opstal bymekaar gekom om hulle troualbums en rokke vir mekaar te wys.
Die tonge was behoorlik los en die vertrek het gegons oor hoe mooi elkeen gelyk het.
Nadat almal uiteindelik tot rus gekom het, kon die voorsitter, Driekie Uys almal verwelkom na die lang vakansie.
Die VLV kom weer op 20 Februarie bymekaar en word reeds planne beraam oor wat die tema vir die volgende byeenkoms sal wees.
Kyk 'n video hier:
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'