'n Projek is geloots waar die oortreders self verantwoordelikheid moet neem vir hul vullis en hul eie gemors opruim. Menigte klagtes oor die ongewenste element is aan die Beskermingsdienste kantoor gerapporteer.
Op Vrydag, 15 Maart is 'n klagte ontvang vanaf 'n lid van die gemeenskap en ondersoek is ingestel. Die wetstoepassers het die bosslaper in Proteastraat gekonfronteer, haar van vullissake voorsien en versoek om die vullis op te ruim en vriendelik verplig om die area te verlaat.
Die publiek kan klagtes rakende bosslapers direk aan die Hessequa Verkeersdepartement rapporteer.
Die departement doen beperkte wetstoepassing van munisipale verordeninge wat veral verband hou met oorlaste.
Die wetstoepassingsbeamptes mag nie arrestasies uitvoer nie en is die polisie primêr verantwoordelik vir gemeenskapsveiligheid en behoort die publiek klagtes aan die polisie te rapporteer indien hul onveilig of bedreig voel.

Die bosslapers moes self die vullis optel en in die swartsakke wat die wetstoepassers voorsien het gooi.