STILBAAI NUUS - Die herstelwerk aan die gebarste pyp is feitlik afgehandel. Watertrokke het gister noodsaaklike water aan huishoudings voorsien.
Volgens Marina Griesel, waarnemende munisipale bestuurder van Hessequa-munisipaliteit is die eerste tydelike koppelstuk reeds vanoggend om 10:00 met die nuwes vervang. Die tweede koppelstuk is pas gesweis en sal toevoer binnekort herstel wees.
“Lae waterdruk en wateronderbrekings kan egter steeds verwag word na oopdraai,” verduidelik sy.
Die nuut aangestelde direkteur van tegniese dienste, Harrold Basson is heeltyd saam met die span op die terrein.
“Die belangrikste is om die reservoirs vol te maak om die watervoorsiening weer normaal te kry," het hy gesê. "Die oos-reservoir is 100% vol, Duine 55%, Platbosch 20% en Torelle ook 100% vol. Die watertrokke het vandag net die reservoirs opgevul, maar geen gebied in die dorp was vandag sonder water nie."
Die eerste koppelstuk word gesweis.
Die tweede koppelstuk is pas gesweis.
Die pomp is in werking en water kom deur.
Lees 'n vorige artikel: Stilbaai weer sonder water
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'