STILBAAI NUUS - Inwoners en besoekers is warm onder die kraag oor die waterkrisis wat Oujaarsdag, Sondag 31 Desember as gevolg van ‘n gebreekte pyp ontstaan het.
Dit is veral inwoners en besoekers aan Stilbaai-Oos se kant wat die ergste hierdeur geraak is.
Volgens inligting het baie toeriste besluit om óf huiswaarts te keer, óf hul vakansie elders voort te sit.
Die water is tans weer afgesny in ‘n gedeelte van dié kusdorp as gevolg van noodsaaklike herstelwerk aan die pyp wat gebreek het. Dit is nie seker hoe lank die herstelwerk gaan duur nie.
Suid-Kaap Forum het navraag aan die munisipale bestuurder, Johan Jacobs gerig en sal kommentaar deurgee sodra ontvang.
Intussen is waterbeperkings steeds geldig. Besoek die munisipalitiet se webtuiste by www.hessequa.gov.za vir meer besonderhede oor die beperkings.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'