ALBERTINIA NUUS - Al het sy erge letsels nadat 'n hond haar gebyt het, is Leandré Ellis (7) positief en sien uit na haar graad een jaar.
Sy moes honderd steke kry na die voorval toe 'n Staffordshire-terrier haar aan die gesig, arm en bene gebyt het. Toekomstige plastiese chirurgie word nie uitgesluit nie.
Suid-Kaap FORUM was Maandag, 19 Januarie in gesprek met Schalk Ellis, haar pa en volgens hom gaan dit goed met Leandré, maar raak sy tog nog mismoedig as sy die letsels op haar gesig in die spieël sien.
Dit is nie seker presies wat tot die aanval gelei het nie, maar voel hy daar moet verantwoordelikheid deur die hond se eienaars geneem word. Volgens Ellis loop daar stories op die dorp dat die kwessie afgehandel is, maar is dit nie waar nie en is hy besig om die nodige regsadvies in te win.
Met die aanvanklike berig het die eienaar van die hond skriftelik aan die koerant genoem dat Leandré na bewering sonder hulle toestemming die erf betree het en dat sy by 'n vorige geleentheid die hond getart, geskop en geslaan het. Sy is ook blykbaar herhaaldelik gewaarsku om dit nie te doen nie. Ellis betwis die bewerings ten sterkste.
*IN SHORT
Apart from scars on her face, Leandré Ellis (7) is doing well and looking forward to Grade 1. South Cape FORUM reported in October 2014 about the incident when a Staffordshire Terrier attacked her and bit her in the face, on the arm and legs. She still has not seen a doctor to determine if plastic surgery can fix the scar on her face. Her father, Schalk is currently seeking legal advice regarding the incident.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
