Skolierpatrollie is nou vanaf Januarie by Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai, Laerskool Volschenk in Riversdal asook Hoërskool Albertinia in Albertinia geïmplementeer.
Susan Vosloo, media woordvoerder vir die munisipaliteit het dié goeie nuus in 'n persverklaring aan die media gedeel. "Toerusting vir die skolierpatrollies word deur die direktoraat verkeersveiligheid geborg en opleiding word deur die Hessequa verkeersafdeling aan die leerders verskaf". Volgens Vosloo is nuwe verkeerstekens by die bogenoemde skole aangebring om motoriste attent te maak op die leerders wat besig is met verkeersregulering.
Verkeersbeamtes sal ook tydens ongeskeduleerde geleenthede aan diens wees om motoriste se gedrag en gehoorsaamheid van verkeersreëls pte monitor. "Streng optrede sal geneem word teen motoriste wat nie die wet en skolierpatrollies se tekens gehoorsaam nie. Die publiek en motoriste se samewerking word gevra om hierdie inisiatief te ondersteun en pad- en verkeersveiligheid op 'n vroeë ouderdom te help kweek" het Vosloo afgesluit.
*IN SHORT
With road safety a priority, the Hessequa Municipality implemented 'Student Traffic Patrols' at three schools in Hessequa. Albertinia Highschool, Bertie Barnard Primary (in Stilbaai) and Volschenk Primary (in Riversdale) which will benefit from this project. Hessequa Municipality in conjunction with the Directorate of Traffic Safety, are sponsoring the project as well as uniforms worn by the learners. Learners will also receive the relevant training regarding traffic safety. Televant traffic signs indicating that learners are busy with a traffic patrol were erected at the three schools.

Hessequa verkeer sorg dat plaaslike leerders die korrekte opleiding ontvang om skool patrollie te kan doen.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'