In 'n poging om 'n hand van samewerking uit te steek, het die voorsitters van drie organisasies gesprek gevoer met bekommerde sakelui van die kusdorp. Archie van Dyke, Kobus Marais en Rean Pretorius (Stilbaai Sakekamer), Naas Palmer (Jongensfontein Inwoners Vereniging) en Gustav Radloff (Stilbaai Belangeforum) het op uitnodiging van Lorraine Martin en John Brummage saam met die sowat dertig sakelui om 'n tafel gesit vir 'n indringende gesprek en advies.
Volgens Van Dyke, voorsitter van Stilbaai Sakekamer, is dit duidelik dat ernstige probleme met kommunikasie en probleem oplossing ondervind word, veral rakende munisipale aangeleenthede.
"Ek het beklemtoon dat die organisasies van Witsand moet saamwerk om 'n daadwerklike verskil te maak en nie alleen kan funksioneer nie".
Hy is van mening dat al die sake van belang op een of ander manier deur die hele gemeenskap en dus al die organisasies gedeel word en is die skakeling met raadslede, sowel as platforms soos die wykskomitees belangrik.
Inwoners van Witsand voel dat hulle probleme en vrae nie aangespreek word nie. "Ek was geskok om te sien hoe lank hulle al sukkel om selfs klein probleme en versoeke aangespreek en opgelos te kry".
Hy noem alhoewel Witsand se gemeenskap by verteenwoordigende strukture moet inskakel, sal die sakekamer alle lede se versoeke en probleme ernstig opneem en probeer dat dit aandag geniet, die nuwe lede vanaf Witsand inkluis.
Ten slotte noem Van Dyke dat hulle trots is daarop dat lede gereeld op hoogte gehou word van sake van belang en glo dié tipe kommunikasie is van kardinale belang. "Die Stilbaai Sakekamer wil dit wel duidelik stel dat ons net 'n hand van samewerking na die ander dorpe van Hessequa uitsteek, aangesien ons almal met dieselfde vrae en probleme sit in die streek".
*IN SHORT
Business people from Witsand became members of the Stilbaai Chamber of Commerce. This decision was made after a meeting between about thirty business people from the small coastal town and representatives of the Chamber, Stilbaai Interest Group and Jongensfontein Residents Organization. Issues regarding problems needing attention and the best way to address it were discussed.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.

Die sakelui byeen op Witsand.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'