Dit sou nie moontlik gewees het sonder die bydraes en skenkings uit die streek se gemeenskap nie en daarvoor kan ons nie genoeg dankie sê nie.
Die vreugde, verrassing en in baie gevalle ongeloof omdat daar wel nog mense is wat aan hulle dink, het aan ‘n mens se hart gevat en moes almal wat met die oorhandigings gehelp het, hard sluk om die trane te keer. Een van die dames in Ou Meule het in die bed gelê (dit was so 10:00), báie neerslagtig en wou nie eens regop sit nie... tot sy hoor hoekom ons daar is en die geskenkie sien.
Dit het haar hele dag opgehelder en sy was sommer opgewek toe ons later vertrek. Dit is sulke dinge wat hierdie projek die moeite werd maak en ons aanspoor om dit net groter en groter te laat groei en uitkring.
Ons gemeenskap het oor die afgelope maand bewys dat hulle ons projek steun en ons is werklik dankbaar vir elke liewe item en donasie wat ons gekry het, klein of groot. Ons beoog om volgende jaar weg te spring met
geskenkies op ons bejaardes se verjaarsdae en daarna is Valentynsdag aan die beurt - dus, moet asseblief nie van ons projek vergeet nie.
Die afsetpunte op die verskillende dorpe is soos volg:
Riversdal - Heidelbergweg 9 (Wilma Adamson, 082 636 1879); Stilbaai - Suid-Kaap FORUM possak by pakketmoles (Louise Mouton, 072 374 1935); Albertinia - Kloofstraat 4 (Theresia van Rensburg, 076 310 8079) en Heidelberg - Buitekantstraat 43 (Nellie Venter, 082 896 8124).
Items soos onder meer toiletware, serpies, waslappe, gesighandoekies, weggooibare skeermesse, kouse en nie-bederfbare lekkernye soos beskuit, koekies en lekkers sal waardeer word.
Vir enige navrae, skakel Wilma Adamson by 028 713 2468.
South Cape FORUM wishes to thank the following people for their contributions to our Golden Oldies Project (in alphabetical order):
Aloe Cosmetics, Riversdale; C & D Mouton, Stilbaai; Cornelia Schoombie, Stilbaai; Daniël Franken, Stilbaai; Die Handelshuis, Riversdal; Elna C Mok, Stilbaai; Franza de Kock, Riversdal; J de Jager, Stilbaai; Louise Gerryts, Stilbaai; Magdalina Janse van Rensburg, Stilbaai; Mariana Ellis, Stilbaai; Maritha Quinton, Stilbaai; Marlene van der Merwe, Stilbaai; Pieter en Susan van Wyk, Roodepoort; South Cape FORUM personnel (Jaun-Maré Conradie, Louise Mouton and Wilma Adamson), Stilbaai Delivery Service; Stephanie di Bon, Stilbaai, an anonymous person from Jongensfontein, two from Riversdale and one from Stilbaai. A big thank you also to Pakketmoles, Stilbaai for the use of their premises and storage of donations.