"Hul het individueel en in spanverband puik prestasies gelewer. Individuele deelname in die onderskeie klasse was absoluut mededingend, aangesien elke klas ongeveer 18 en meer deelnemers van regoor die land insluit. Letterlik die bestes van die bestes," het André Latsky, skoolhoof gesê.
Presteerders
Die volgende leerders het medaljes verwerf met hul individuele vertonings:
JP Meiring (silwermedalje: vleisbees junior), Pieter Ferreira (bronsmedalje: vleisbees junior), Marko van der Merwe (goue medalje: vleisskaap senior), Heinrich Niehaus (bronsmedalje: vleisskaap senior), Emile Neethling (bronsmedalje: vleisbees junior), Willem du Toit (bronsmedalje: wolskaap senior), Daniel Rademan (sil-wermedalje: wolskaap senior), Ulrich Steyn (silwermedalje: pluimvee senior) en Smittie Smit (silwermedalje: suiwel senior).
In die groepklasse het hul ook die pas aangegee en wen goue medaljes in die vleisbees junior-, vleisskaap junior-, wolskaap junior- en senior groepklasse. In die vleisbees senior-, suiwelbees junior-, suiwelbees senior- en vleisskaap senior groepklasse wen hul silwermedaljes. Hul verwerf dus vyf goue, agt silwer- en vier bronsmedaljes.
"Hiermee doen Oakdale sy beeld gestand as die top jeugskouskool in die land. Nog 'n vormingsgeleentheid aan leerders gebied wat bydra tot ongelooflike persoonlikheidsgroei. Danie Olivier verdien lof vir sy afrigting en moeite met betrekking tot Oakdale-jeugskou," het Latsky afgesluit.

Medaljewenners is voor van links JP Meiring, Pieter Ferreira, Marko van der Merwe en Heinrich Niehaus. Agter is Emile Neethling, Willem du Toit, Daniel Rademan en Ulrich Steyn. Afwesig: Smittie Smit.
ARTIKEL: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Klik hier vir 'n fotogalery.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'