Die vorige rekord was blykbaar 'n brood van drie meter, wat op die fees met 'n halwe meter oortref is.
Gawie Breytenbach het met die idee gekom en die pan self gemaak. Michael Amos het die deeg gemaak en 20 kilogram broodmeel daarvoor gebruik.
Dit is agterna saam met kaiings, botter en konfyt bedien en daarby was ook potjiekos of gebraaide hoender met slaai.
Volgens die organiseerders het die weer mooi saamgespeel en was dit 'n lekker oggend vir kuier. Michael Lindt het opgetree en soos gewoonlik het die tafels gekreun met al die produkte.

Michael Amos en Gawie Breytenbach by die brood.
ARTIKEL EN FOTO: NELLIE VENTER, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'