Update
MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die vrou en dogtertjie wat gistermiddag, 14 Februarie grusaam in Melkhoutfontein vermoor is, se name is bekend.
Hulle is die 32-jarige Annemique Manho en twee-jarige Almique.
Volgens kapt Malcolm Pojie, Suid-Kaap polisie woordvoerder het Annemique op die vloer gelê en het veelvuldige steekwonde opgedoen, terwyl Almique se lewelose liggaam in ‘n bad met water gevind was.
“’n 32-jarige verdagte is in verband met die dubbele moord in hegtenis geneem,” het Pojie gesê.
LEES MEER: Jong ma en haar jong kind vermoor
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'