Volgens inligting het Michelle Tities en haar ouma, Elizabeth Plaatjies vroegoggend na die dorp gegaan. Hulle was op pad huis toe met die skoolbus toe die busbestuurder besluit het dat dit te gevaarlik is om die brug oor te steek, omdat dit oorspoel het na die goeie reëns die afgelope tyd. Hy het toe gereël dat 'n plaasboer die kinders met 'n trekkersleepwa oorneem.
Een van die leerders, Shaun Mert (16) wou blykbaar nie so lank wag nie en het een van sy nefies op sy rug deur die water geabba. Eers toe hy aan die ander kant van die brug kom, het hy iemand hoor gil en opgemerk dat drie ander kinders hom gevolg en in die rivier beland het. Volgens hom het hy en nog 'n paar jeudiges twee van die kinders uitgehelp en in die sterkvloeiende water gespring om die tengerige kleuter te red. Een van die jeugdiges, Brandon Jacobs, het egter self in die moeilikheid beland en het hy (Mert) na hom gegryp waar hy aan 'n tak vasgeklou het. Hy kon egter nie die kleuter red nie omdat die water haar te vinnig meegesleur het.
'n Geskokte Hendrik Plaatjies en sy saamleefvrou, Merty Tities, was saam met familie, vriende, bure en naburige plaasboere en werkers by die brug, ongeveer 13 kilometer uit die dorp. Dit is nog nie seker hoe die kleuter in die water beland het of hoekom sy besluit het om die groter kinders te volg nie.
Die polisie en reddingswerkers het teen 20:00 Vrydagaand hul soektog tot Saterdagoggend afgelas, waarna dit vroeg die oggend hervat is tot ongeveer 13:00 toe hul dit weer moes staak as gevolg van swak sig in die water. Tot op hede was daar egter nog geen teken van die kleuter nie. Tities het gesê dat haar 'engelkind' Donderdag, 7 November haar sesde verjaarsdag sou vier. Volgens haar was Michelle baie opgewonde om volgende jaar skool toe te gaan. "Ek sal nie ophou waghou hier tot my kind gevind is nie," het sy hartseer gesê.
*IN SHORT
Police divers are still searching for the body of a five year old girl from Heidelberg after she went missing Friday, 1 November. It is believed that she presumably drowned after crossing the Duivenhoks river with other children. This happened after the bus driver of the school bus they were in refused to cross the river as the bridge was flooded. Some children apparently decided not to wait for a farmer whom would transport them across the river. Currently it is not certain why the five year old decided to follow the school children across the river or how she ended up in the water. Michelle Tieties would have turned 6 on the 7th of November. At the time when going to press the family and friends were still servailing the river.

Die duikers het vanaf Vrydagmiddag onverpoosd na die liggaam gesoek.