Die prestasie is behaal tydens die jaarlikse Greenest Municipality Awards wat op Stellenbosch gehou is.Shagon Carelse en die uitvoerende burgemeester, rdl Emor Nel het die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning verteenwoordig by die geleentheid. Prysgeld van R70 000 is gewen.
Die klem van die kompetisie word geplaas op geïntegreerde, volhoubare ontwikkelingstrategieë van munisipaliteite. Elke munisipaliteit wat deelneem word ge-evalueer in afvalbestuur, energiedoeltreffendheid en bewaring, biodiversiteit en kusbestuur, waterbestuur en bewaring, kwaliteit van lugbestuur, leierskap, nakoming en publieke deelname.
In kommentaar noem Nel dat die toekenning 'n bewys is van die raad se verbintenis tot beskerming en bewaring van die omgewing. "Prestasie soos hierdie kom nie sonder innovasie, beplanning en baie harde werk nie". Mosselbaai Munisipaliteit is as algehele wenner aangewys, met Knysna Munisipaliteit in die derdeplek en Eden Distriks Munisipaliteit in die eersteplek vir streeksowerhede.
*IN SHORT
Hessequa Municipality received a second place in the yearly Greenest Municipality Awards. Categories in this competition include energy efficiency, waste management, conservation, biodiversity and coastal management, water management, quality of air management, leadership and public participation.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.

Die toekennings waarop die Hessequa Munisipaliteit baie trots is.
'We bring you the latest Hessequa news'