Van der Westhuizen het haar huis onlangs beskikbaar gestel vir die Departement Maatskaplike Ontwikkeling om sowat dertig gesinne te help om aansoek te doen vir die Social Distress Relief (SDR) pakkette wat aan werklose persone, wat andersins nie vir enige ander toelaag kwalifiseer nie.
Die pakkette wat tot R1 200 beloop word tydelik aan werklose gesinne of dié wat om een of ander rede buitengewoon lank wag vir die goedkeuring van hul aansoek om toelaag voorsien.
Die groep van 16 het deel uitgemaak van die ongeveer dertig mense wat gehelp was met hul aansoeke, voordat 'n inwoner die hoofkantoor in George geskakel het om te kla omdat die aansoeke by Van der Westhuizen se huis voltooi was en nie by die gemeenskapsaal nie.
Die maatskaplike werker is toe beveel om dadelik op te pak en nie meer mense te help nie.
Van der Westhuizen en van die ander wat moes omdraai, was bitter kwaad vir dié inwoner.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.

Magdalena van der Westhuizen (voor links) saam met 'n paar inwoners van Slangrivier.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'