Group Editors, die groep waarvan Suid-Kaap FORUM deel is het 'n klompie dagboekies deurgestuur vanaf George en die personeel het dit by die skole oorhandig. Die skole wat besoek was, is Christlike Academy Riversdal, Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skool, Hoër Landbouskool Oakdale en Hoërskool Langenhoven, Daar is vooraf geskakel om uit te vind hoeveel dames by elke skool werksaam is en die regte getal boekies is in 'n mooi versierde geskenksak geplaas. Die dames was baie in hul noppies met die bederf.
En hoewel Vrouedag reeds verby is, wil die koerant aan alle vroue in ons streek sê: Kom ons leef ons demokrasie uit in ons demokratiese land. Staan op jul regte en moenie julle laat intimideer nie, maar doen dit altyd met vroulike waardigheid.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Van die damespersoneel by Hoërskool Langenhoven is agter van links Sonja Smit, Jolet Bredenkamp, Martha de Beer, Tjitske Beyers, Carrol Möller, Estéa Venter, Odette du Plessis, Katinka Fox en Petrusa Marais. Voor sit Piet de Villiers (skoolhoof), Elize Blom (joernalis, Suid-Kaap FORUM) en Marie Fourie. Foto: Rina Snyman.

Sarah Labuschagné van Christlike Academy, ontvang die damespersoneel se dagboekies namens hulle van Jaun-Maré Conradie, advertensie verteenwoordiger van Suid-Kaap FORUM. Foto: Wilma Adamson.
Voor hurk Richard Flores, skoolhoof van Gerrit du Plessis senior sekondêre skool. Agter van links is Rina Snyman (ontvangs, Suid-Kaap FORUM), Patricia Sambo, Yolanda Thomas, Rosy Farland en Maurina Juta. Foto: Elize Blom.
Hoër Landbouskool Oakdale se dames is van links Marlene Theron, Liellie Vorster, Suzette van der Vyver, Leana Robinson, Louise Mouton (joernalis, Suid-Kaap FORUM), Wilma Fourie en Tess van Wyk. Foto: Wilma Adamson.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'