Engela Horn, vertel dat Survivor, 'n volbloed Basset, en Wallis, 'n opregte Skotse Terrier, is Saterdag nog opgelet toe hulle gespeel het in die kamp langs die Swartklip-pad. Daarna kon hulle die twee honde nêrens op die plaas opspoor nie.
Volgens Engela is Survivor 'n ster by hul gastehuis en menigte gaste skryf oor haar in hul gasteboek, facebook en op hul webblad. "Sy het 'n 'overbite' en eet dus net klein pille of sagte kossies. Sy is ongeveer vyf jaar oud.
En Wallis het ons laasjaar in November gekry toe hy vyf weke oud was. So hy is nog maar 'n baba en het vir Survivor gevolg. Ons honde is soos kinders in ons huis en ons treur oor hulle".
Die Horn-gesin vra as enige iemand enige nuus oor hulle het, om hulle te skakel by 082 926 6740 en hul bied 'n beloning aan van R2000 vir enige iemand wat inligting verskaf wat tot die terugvind van hul lieflingdiere sal lei.

Wallis, die Skotse Terrier, wat saam met Survivor, Saterdag, 22 Maart spoorloos verdwyn het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'