'n Inwoner het op Qweta se liggaam afgekom naby 'n hotel in Langstraat.
Volgens inligting was Qweta die vorige dag by die ongevalle afdeling van die plaaslike hospitaal na 'n hewige asma aanval, maar was hy ontslaan aangesien sy toestand verbeter het.
Kapt Vollenhoven van die plaaslike speurtak het gesê dat daar geen sigbare wonde of merke op sy liggaam is nie, dus word geen vuilspel vermoed nie. 'n Lykskouing is Vrydag, 26 September uitgevoer, wat bevestig het dat hy wel aan natuurlike oorsake oorlede is.
Vir Riversdallers was Qweta 'n baie bekende gesig omdat hy vir jare op die dorp te siene was.
Hy was blykbaar ook bereid om hulp te verleen, aldus 'n stalletjie eienaar in Hoofstraat.
Volgens haar het hy haar altyd kom help om haar kazebo op te slaan wanneer sy nie hulp gehad het nie.
Die plaaslike polisie het hom 'n paar jaar gelede 'n make-over gegee deur hom skoon klere te gee, asook sy hare en baard te knip waarna hy soos 'n splinternuwe sikspens gelyk het. Dit is nie bekend of hy enige familie in die streek het of gehad het nie.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.

Wyle Jimmy Qweta
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'