RIVERSDAL NUUS - Die saak teen die plaaslike opvoeder wat beskuldig word van die statutêre verkragting van 'n 15-jarige leerder, het op Woensdag 11 Oktober weereens vlugtig in die Riversdal-landdroshof verskyn.
Volgens lt.kol. Malcolm Pojie, provinsiale polisiewoordvoerder, is die 40-jarige beskuldigde sowat drie weke gelede in hegtenis geneem nadat 'n klag van statutêre verkragting teen hom aanhangig gemaak is.
Die saak is vir verdere ondersoek tot Maandag 6 November uitgestel.
Volgens gerugte wat die rondes doen, was die opvoeder glo na bewering vanaf Junie tot Augustus 2023 in 'n seksuele verhouding met die slagoffer betrokke. Die klag is glo deur 'n familielid aanhangig gemaak.
Die Wes-Kaapse onderwys-departement het vroeër deur middel van sy kommunikasiebeampte, Millicent Merton, bevestig dat die voorval aan hulle gerapporteer is, maar dat die opvoeder deur die beheerliggaam aangestel is. Hy is sedertdien as voorsorgmaatreël geskors.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’