Video
RIVERSDAL NUUS & VIDEO - 'n Optog ter nagedagtenis aan Kenthlan Albertyn van Riversdal wat op 21 September 2019 op die stegpad deur 'n voertuig raakgery en oorlede is, het Saterdag, 25 September plaasgevind.
Volgens Kenthlan se ma, Irene is toestemming by die plaaslike verkeersdepartement verkry en was hulle ook teenwoordig om vir die veiligheid van die optoggangers te sorg.
Die geleentheid het om 11:00 by Jurisch Park begin, deur die dorp met Hoofstraat beweeg en by die gedenksteen op die stegpad by die gedenksteen wat sy familie vir hom opgerig het, geëindig.
Die optog het deur Hoofstraat in Riversdal na die stegpad waar die gedenksteen is, beweeg.
"Behalwe dat baie van Kenthlan se maatjies dit graag vir hom wou doen, het ons ook die optog gereël om daarteen beswaar te maak dat die grafsteen nie verwyder moet word nie en dat geregtigheid moet geskied." het Irene gesê.
By die goed versorgde gedenksteen het Damon February 'n boodskap uit die Bybel gelewer. Dit was 'n hartseer oomblik vir Irene en kon sy partykeer nie woorde vind om iets te sê nie. Daarna is balonne en duiwe vrygelaat, 'n pragtige gesig veral toe die duiwe 'n paar maal om die mense by die gedenksteen gevlieg het voor hulle in die niet verdwyn het.
Verskeie optoggangers het 'n boodskap op baniere geskryf.
Kyk 'n video hieronder.
'n Pragtige gesig toe die balonne losgelaat is. Foto's: Henry Snyman
Familie en vriende by die gedenksteen.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'