HEIDELBERG NUUS - Dié dorp se nuut opgegradeerde sportgronde is op Maandag 4 Maart aan die plaaslike sportsektore tydens die amptelike opening oorhandig.
Die projek is gesamentlik deur die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport en die Hessequa-munisipaliteit, in samewerking met die verskeie sportrade in die streek, aangepak en voltooi.
Die verrigtinge is deur verskeie rolspelers, waaronder Anroux Marais, Wes-Kaap minister van kultuursake en sport, Grant Riddles, Hessequa uitvoerende burgermeester van Hessequa, verskeie raadslede asook verteenwoordigers van Suidwestelike Distrike Krieketraad en plaaslike sportkodes bygewoon.
Marais was die geleentheidspreker met Riddles wat die lint geknip het. Jean Neethling van die Suid-Kaapse kultuursake en sportkantoor het as seremoniemeester opgetree.
Gerald Boezak, burgermeesterskomiteelid en gemeenskapsdienste voorsitter, het die bedankings behartig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’