HESSEQUA NUUS - Dit is nou jou kans om vir almal te wys hoe jy mamma of jou vrou vir Moedersdag bederf het.
Indien jy 'n foto geneem het terwyl jy met jou spesiale 'bederfdaad' besig was, stuur dit vir ons en dit mag dalk in Suid-Kaap Forum verskyn! Sê vir ons waarom jy daardie spesifieke daad gekies het.
Jy kan selfs 'n foto van mamma en die geskenkie, kaartjie of maaltyd wat jy vir haar voorberei het instuur. Indien jy haar na 'n spesiale plek geneem het, vertel vir ons waarom jy haar juis daarheen geneem het.
Dit is belangrik om jou naam, van en ouderdom by te sit. Stuur ook mamma (of jou vrou) se naam en van en verduidelik hoe en waarom jy haar bederf het. E-pos jou foto en inligting na san-marie@groupeditors.co.za, bring dit na ons kantoor in Heidelberg 29, Riversdal (vra vir San-Marié Cronjé) of WhatsApp dit na 082 927 3403.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa, Karoo nuus'