Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Vriend, kollega, boer en vader van ses kinders is Saterdag 16 Julie onverwags oorlede. André van Staden (Andries Johannes Stephanus) is op 65-jarige ouderdom ná vermoedelik 'n hartaanval oorlede.
André was die grootste deel van sy lewe in Thabazimbe en Pretoria woonagtig waar hy as elektrisiën gewerk het.
Die laaste sewe jaar van sy lewe het hy in Riversdal gebly waar hy 'n gewilde en bekende in landboukringe was.
Hy sal onthou word as 'n kleurryke figuur, 'n pa wat baie lief was vir sy ses kinders en groot span kleinkinders, vertel 'n familievriend, Johann van der Watt.
"Vir Riversdal was sy nalatenskap 'n voorbeeld van 'n man wat altyd bereid was om onder enige omstandigheid sy medemens te help. Diegene wat met André paaie gekruis het, het geweet dat hy nooit sou wegstap van enige persoon wat hulp benodig nie.
"Hierdie eienskap van André, hoop en vertrou ons sal vir die van ons wat agter bly, aanspoor om meer bedagsaam te wees vir ons medemens in nood. Ons gebede gaan uit na sy familie en vriende in hierdie hartseer tyd."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'