Update
HEIDELBERG NUUS - Groot drama heers in die dorp nadat 'n onderwyser glo 'n leerder op 30 Julie seksueel aangerand het. Die leerder en haar ma het Vrydag 24 Augustus 'n kriminele klag by die plaaslike polisie aanhangig gemaak.
Die verdagte is Maandagoggend by die skool gearresteer en het later die dag op aanklag van seksuele aanranding in die plaaslike hof verskyn. Die saak is tot Maandag 10 September uitgestel.
Hy is op waarskuwing vrygelaat, op voorwaarde dat hy onmiddellik die skoolperseel verlaat en nie kontak maak met persone wat as moontlike getuies in die saak gebruik mag word nie. Sy regsverteenwoordiger het die hof meegedeel dat hy vir die tydperk by familielede in Kaapstad sal bly.
Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaap polisiewoordvoerder, het bevestig dat 'n klag van seksuele aanranding op 'n 16-jarige leerder ondersoek word.
Suid Kaap Forum het navrae aan Millicent Merton, Wes-Kaap onderwys departement skakelbeampte gerig. Volgens hom beskou die WKOD enige bewering van seksuele wangedrag in 'n baie ernstige lig en word sulke beweringe dringend ondersoek.
Lees 'n vorige artikel: Onderwyser in hof oor seksuele aanranding
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'