HEIDELBERG NUUS - ‘n Vragmotor was kort gelede met ‘n motor op die N2, enkele kilometers buite Heidelberg in ‘n botsing betrokke.
Volgens ‘n ooggetuie was die vragmotor in die vinnige baan en wou na die linkerbaan oorgaan, toe hy die motor, wat skuins voor hom in die stadige baan gery het, skrams op die agterkant tref.
In die stadium is geen verdere inligting beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'