STILBAAI NUUS - Die plaaslike speurtak se ondersoek na ’n saak van huisroof duur nog voort nadat twee senior burgers in hul woning in Stilbaai-Wes oorrompel is.
Volgens ao. Morné D’Emiljo, plaaslike polisiewoordvoerder het die voorval vroegoggend op Maandag 26 November, om ongeveer 01:00 plaasgevind.
Albei persone is ongedeerd. Die voertuig wat deur die rowers geneem is, is reeds vroeg deur die polisie teruggevind waar dit ’n paar kilometer buite Stilbaai verlate gevind is.
Enigiemand met enige inligting oor die voorval kan die speurafdeling by 028 754 6100 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'