Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Hoewel die landbouskou reeds verby is deel ons graag hierdie video met jou indien jy dit gemis het.
Tydens ’n video onderhoud het Suid-Kaap Forum joernalis, San-Marié Cronjé ’n paar unieke vrae aan Tim du Plessis gestel. Hy het in Riversdal kom kuier tydens die landbouskou.
Hy was die gasspreker tydens die manne ontbyt.
Du Plessis het na 38 jaar se diens as hoof van Media24, by kykNet aangesluit. Hy is tans die hoof van kykNet nuus.
Sy heel eerste pos as algemene nuusverslaggewer was by Beeld. Sy kop egter na die politiek gestaan en vanaf 1981 tot 1989 was hy politieke korrespondent by Beeld. In 1992 het Tim die wonderlike geleentheid gekry om vir 'n jaar lank na die Harvard Universiteit in Boston, Amerika te gaan waar hy ? Nieman-Fellowship voltooi het. Hy het daar veral geleer hoe belangrik dit is dat die media onafhanklik moet wees en vir daardie onafhanklikheid het hy later jare hard baklei.
Voor Du Plessis by Rapport beland het, was hy adjunkredakteur en redakteur by City Press en The Citizen. Omdat lief vir Afrikaans is, was dit ’n heerlike geleentheid om in 2001 aangestel te word as die redakteur van Rapport. In 2009 is hy aangestel as redakteur van die dagblad Beeld, ’n pos wat hy beklee het tot 2011 toe hy as Hoof van Afrikaanse koerante by Media24, aangestel is.
In 2014 het hy egter besluit om die rolpers vir televisiekameras te verruil en het hy by kykNET aangesluit waar hy deesdae Hoof van Aktualiteit van hierdie Afrikaanse kanaal is. Tim het ook ’n besonderse slag voor die kameras en tree gereeld in aktuele televisieprogramme op.
Kyk die video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'