Update
HESSEQUA NUUS - Johannes Hartnick, onderburgemeester van die Hessequa-munisipaliteit se vrou, Elizabeth (60) is oorlede.
Sy is Dinsdagoggend, 13 Januarie aan 'n hartaanval dood terwyl sy in die tuin gewerk het.
Hartnick sê hy en Elizabeth het in die tuin gewerk. "Sy was blakend gesond en het nog na die blomme en beddings omgesien, terwyl ek die motor gewas het," vertel hy.
Hy sê hy het in die huis ingestap en deur die venster gesien sy lê plat op die grond, met net haar bene wat agter die motor uitsteek. "By die hospitaal het die dokters bevestig dat die oorsaak van haar dood 'n hartaanval was."
Sy word deur haar man, twee dogters en 'n seun oorleef.
Met ter perse gaan was geen begrafnisreëlings nog bekend nie.
Vorige artikel: Onderburgemeester se vrou sterf
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'