HESSEQUA NUUS - Gebreide truie, musse, handskoene en sokkies, asook 'n groot verskeidenheid klere is Vrydag, 11 Junie deur Suid-Kaap Forum aan Elzette de Witt by Ons Winkel van Helpende Hand op Riversdal oorhandig.
Tammy Kleynhans se Small Dreams Special Needs Educational Daycare Centre het ook 'n groot hoeveelheid gebreide poppies ontvang.
Al hierdie artikels is deur 'n groep dames van die United Church, asook ander inwoners van Stilbaai met liefde gebrei en geskenk.
Dit is deel van die koerant se gemeenskapsprojek genaamd die GET (Group Editors Together) Oliver Twist-projek.
Theresa Somdo van Small Dreams het die poppies in ontvangs geneem.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'