RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale word jaarliks deur die Wes-Kaapse Downsindroomvereniging besoek ten einde geld vir hierdie vereniging in te samel.
Afgesien van die fondsinsamelingsprojek dien dit ook as bewusmakingsgeleentheid waar leerders bekendgestel word aan leerders met downsindroom.
Vanjaar het die Oakdalers onder mekaar in die koshuis 'n bedrag van R2 000 ingesamel wat op Donderdag 2 Maart aan die organisasie oorhandig is.
Die groep is ook deur fietsryers vergesel wat geld insamel deur vanaf Kaapstad tot in George te ry. Een van Oakdale se oudskoliere, Gert van Wyk, wat in 1985 gematrikuleer het, was een van die mans wat jaarliks sy fiets trap om sy betrokkenheid by hierdie projek te toon.
Gert was in 1986 in 'n motorongeluk en is sedertdien verlam, maar dien jaarliks met sy deelname aan die projek en besoek aan die skool as groot motivering vir elke Oakdaler.
Kranige fietsryers van die Goodwood-gevangenisdiens se Mountain View-fietsryklub het van Kaapstad tot in George getrap om geld vir die Wes-Kaapse Downsindroomvereniging in te samel. Voor is Gert van Wyk, 'n oudskolier van Oakdale, wat jaarliks deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'