RIVERSDAL NUUS - Die Oakdale-ouers uit die George-, Oudtshoorn-, Mosselbaai- en Knysna-omgewing het as lede van die Oakdale-ondersteunersklub hul laaste projek vir die jaar van stapel gestuur.
Hulle poog om 'n bedrag van R200 000 vir die skool in te samel.
Die suksesvolle 4 x 4-dag op Vleesbaai het reeds vroeër vanjaar plaasgevind en die uiters gewilde skuurdans is Vrydagaand 15 September in George aangebied.
Afgesien van die welkome reën wat in die omgewing geval het, het die ouers bontgestaan om 12 skape te braai en die gaste te trakteer op 'n heerlike aandete.
Die skuur was pragtig versier, ouers, oudskoliere en vriende was goed verteenwoordig en het tot die heerlike atmosfeer bygedra.
"Lancewood was weer die hoofborg van die geleentheid. Oakdale het altyd groot waardering vir hulle borge," het André Latsky, skoolhoof gesê.
Mnre. Alwyn Pretorius (Lancewood) en André Latsky.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'