RIVERSDAL NUUS - Mamma, ek wil in die sirkus wees, was vanjaar se tema by die baba- en kleuterskou.
Die Riversdal-landbougenootskap het vanjaar se geleentheid aangebied met die gedagte dat elke kind spesiaal en waardevol is.
Vir mammas wat met hul kleingoed wou spog, was dit groot pret, hoewel daar ook 'n paar trane was.
Hierdie jaar het 41 kinders van verskillende ouderdomme (0 tot 10 jaar) ingeskryf.
Daar was ook 'n afdeling vir kinders met spesiale behoeftes. Elke kind het met hul inskrywing 'n geskenkpakkie ontvang. Die geleentheid het ook met 'n fotokompetisie gepaardgegaan, waar ouers kon spog met die mooiste foto's van hul baba.
Die kleuters is deur Annelle Snyman, Adrie Reynders en Richard Ruiters beoordeel.
Te danke aan al die besighede wat die geleentheid geborg het, was al die kinders wenners en het met lekker geskenkpakies huis toe gegaan. Marize Erasmus was die organiseerder.
Wenners
- 0 tot 6 maande - Anca Abrahams;
- 7 tot 12 maande - Reghard Groenewald;
- 1 tot 2 jaar - Jaelynn van Rensburg en Heinrich Steyn;
- 2 tot 4 jaar - Zani Louwrens en Wessel Groenewald;
- 4 tot 6 jaar - Jané Saayman en Tiaan Ackerman;
- 7 tot 10 jaar - Chris-Mari le Grange en De Villiers Barnard.
- Amazing Kids - Ava Conner en Cleo Mintoor.
Verwante artikel: Van perde, honde en kinders gepraat...
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'