STILBAAI NUUS - Die huidige Stilbaai-verwelkomingsbord het verbleik en is nie meer netjies en mooi nie en gaan oorgedoen word.
Twee voorbeelde van hoe dit daar moet uitsien, is op die Stilbaai-toerismeburo se webtuiste geplaas; een 'n kleurvolle en die ander 'n baie simplistiese bord.
Teen die afsnytyd, Vrydag, 19 November het die skaal na die simplistiese bord geswaai.
Volgens Annerise Wolmarans, kantoorbestuurder van die toerismeburo sal die nuwe voorkoms betyds wees om die talle vakansiegangers welkom te heet.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'