Gallery
HESSEQUA NUUS - Blinkoog oor die nuwe skoolavontuur wat voorlê met breë glimlagte om weer hul maatjies te sien, maar natuurlik ook 'n paar blink trane om van ma afskeid te neem.
Dit was van die enkele emosies wat by die nuwe inname graadeens in Hessequa se laerskole afgespeel het.
Suid-Kaap Forum het by 'n paar skole gaan inloer om die reaksies op kamera vas te vang.
Die driestuks het hulfself tuisgemaak op die vloer van hul gr. 1-klaskamer by Voorwaarts Primêr. Van links is Ava Abraham, Regdelee September en Lu-Shay September. Foto: Juan-Maré Conradie
Elgavian Louw (Oker Primêr) was glad nie beïndruk met sy eerste skooldag by juf. Meagan Vaaltyn se gr. 1-klas nie.Foto: Heinrich Fortuin
Cois Wessels loer vir die kamera terwyl Rachel Barclay en Grace Rischmüller (regs) hul eerste skooldag by Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai druk bespreek. Foto: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'