RIVERSDAL NUUS - Die skool verwelkom vanjaar vier nuwe personeellede.
Wessel Cronjé is 'n oud-leerder van die skool en sal in die wiskunde-departement werk.
Hy is baie opgewonde om die pad saam met die skool te stap en sy missie is om leerders te help om 'n liefde vir wiskunde te ontwikkel sodat hulle self 'n loopbaan daarin kan volg.
Danelle Streicher kom van Secunda in Mpumalanga en is opgewonde om by die skool aan te sluit. Sy is verantwoordelik vir Afrikaans en lewensoriëntering.
Lizel de Jager kom van Paarl Gimnasium en sien uit na al die uitdagings wat vir haar wag. Sy hoop om 'n verskil in die lewens van die kinders waarmee sy gaan werk te maak.
Sy gaan ook in die wiskunde-departement werk.
Tertius Nieuwoudt is verantwoordelik vir sosiale wetenskappe en lewensoriëntering. Hy sien baie uit na die jaar en beplan om nog 'n hele tydjie in Riversdal te wees.
Wessel Cronjé, Danelle Streicher, Lizel de Jager en Tertius Nieuwoudt.
'Ons bring jou die nuutste Riversal, Hessequa nuus'