HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het ’n nuwe joernalis aangestel wat amptelik vandag begin het.
San-Marié Cronjé kan van nou af gekontak word vir gebeure en nuus wat in die streek plaasvind.
Sy is ’n boorling van Bethal, Mpumalanga en het vir drie jaar as joernalis en fotograaf by die Ridge Times en Echo koerante in Secunda gewerk. Dié koerante is ook plaaslike koerante wat deel van Caxton se publikasies uitmaak.
San-Marié het haar diploma in drama aan die Technikon Pretoria, wat later as Tshwane University of Technology bekend geword het, voltooi. Sy het ook ’n nagraadse sertifikaat in Further Educational Training and Senior Phase met Engels en Kuns en Kultuur as skoolvakke aan die Universiteit van Suid Afrika voltooi.
“Ek is opgewonde en sien daarna uit om ’n goeie verhouding met die gemeenskap en ons lesers te bou.”
Kontak San-Marié vir enige nuusgebeure in en rondom Riversdal by 028 713 2468 of 082 927 3403.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'