MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die droom om 'n eie huis te besit het vir nóg 11 inwoners van Melkhoutfontein waar geword. Hul titelaktes is op Vrydag, 19 Junie deur Hessequa se uitvoerende burgemeester, rdl Grant Riddles aan hulle oorhandig.
Volgens Riddles is al die voltooide HOP-huise nou oorgedra. Hy sê dis een van die tasbare maniere waarop die raad wil uitleef dat Hessequa 'n omgee-munisipaliteit is.
"Ons het 'n visie om jul lewens te verander en hierdie titelaktes bewys ons is daar vir julle." Hy het ook die belang van 'n geldige testament om dié nuwe bates te beskerm, benadruk.
Die wyksraadslid vir Melkhoutfontein, rdl Ben Smith het almal 'n gelukkige verblyf in hul nuwe tuistes toegewens.
Die ontvangers is Colin Buys en Rochell Lukas, Louise Geduld, Hendrik Oktober en Mina Jacobs, Lizetta Abrahams, Jacob en Catherina Saayman, Katrina van Nietling, Berenice Heynse, Danell en Donavin Pietersen, Rosenda Michiel (postuum), Elizabeth Swart en Willem Meyer, asook Sonett en Nigel Kombela.
Van die ontvangers met hul titelaktes. Foto: Deona Aucamp
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'