HESSEQUA NUUS - Heinrich Christiaan Hartnick is op 25 Januarie deur die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) as die nuwe Demokratiese Alliansie (DA) raadslid vir Hessequa-munisipaliteit aangewys.
Hy vervang Annemarie Joubert wat op 11 Januarie as proporsionele verteenwoordigende raadslid bedank en na Pretoria verhuis het.
“Dit is vir my ‘n voorreg om die inwoners van die breë Hessequa met waardigheid te dien en ‘n omgewing van geleenthede te bevorder,” het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'