Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van ’n vragmotor met ’n Gautengse registrasienommer is per lugambulans na die hospitaal geneem nadat die vragmotor die pad verlaat en omgeslaan het.
Die voorval het ongeveer 07:00 Vrydag 5 Julie op die N2 tussen Riversdal en Albertinia (ongeveer 10km buite Riversdal digby die Soetmelksrivier-afrit) gebeur.
Die pad is nie gesluit nie, maar 'n stop-en-ry is in plek.
In hierdie stadium is dit steeds nie bekend hoe ernstig die vragmotorbestuurder se beserings is en na watter hospitaal hy geneem is nie.
Aangesien die vragmotor langs die N2 gelê het, het dit nie verkeer uitermate ontwrig nie. Die N2 moes wel vir ’n rukkie aan weerskante van die toneel gesluit word vir die lugambulans om te kon land, maar verkeer was nie lank opgehou nie.
Kyk 'n video (wat vroeër vandag geneem is, hieronder.
Die ongelukstoneel.
Nooddienste op die toneel.
Die ongeluk het sowat 10km buite Riversdal plaasgevind.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'