Rico Menezies (stasiebevelvoerder) het die groepie onder sy bekwame leiding geneem en is tans in die proses om hul touwys te maak in alles wat belangrik is by seeredding.
Die doel en voordeel van dié program om junior bemanning op te lei (onder 16-jaar) is om toe te sien dat daar altyd 'n volgende generasie NSRI-vrywilligers is, asook om hulle toe te rus met noodsaaklike lewensvaardighede.
