STILBAAI NUUS - 'n Dame van Stilbaai het Donderdag 25 Januarie die skrik van haar lewe gehad toe sy deur die bakkie van 'n koerierdiens voor OK Foods gestamp is.
Sy het in Hoofweg-Wes van die Jongensfontein pad in die rigting van die middedorp gery toe die bakkie uit Indrafstraat kom en haar tref.
Sy het probeer uitswaai, maar dit was te laat en die slag het haar dubbelkajuit bakkie laat rol.
Sy het ongeskonde, maar geskok uit haar bakkie gekom en sê dat sy net dankbaar is dat sy haar veiligheidsgordel gebruik het.
Sy was baie gelukkig, maar in Stilbaai is stoptekens vir baie mense net iets wat die wet bepaal daar moet wees en Hessequa se wetstoepassingafdeling sal dringend aandag moet gee aan hierdie probleem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’